INTRO:
Is ja
Laat ek jou een ding vra man…
Hoeko staan jy op elke dag?
Ha?

VERSE 1:
Tyd is min, soe as ‘n man iets wil bereik
moen ‘n man elke dag opstaan om hai ding te kyk
en alhoewel ek ‘n gewone bra is
my mentality veroorsaak dat elke dag soe swaa is
wan om my ambisies mis te kyk, te vegiet
is soes verhongering, soe ek moet elke dag iet
soes ek elke dag moet drink, elke dag moet inasem
wan sonne it is ek ge-injure, ek makee dai voltaren
om net by te kom, anneste is ek uit die game uit
soe ‘n man moet ma altyd vi ‘n lyn kyk
wan ‘n man het net een lewe
en ‘n man moen hat is as jy vi jou droeme strewe
en da sal tye wa jy oor’ie kop geslat is
en jy sal miskien oek self ieman flous en medjat is
ma net die volle waarheid sal’ie oorhand kry
soe ek staan vas by wat in my hat is, nieman sal my kan stry

CHORUS:
Ek’s ‘n slaaf, en my baas is ambisie
Eks’ ‘n slaaf, en ek is haas op ‘n missie
Ek’s ‘n slaaf, ma ek bou op ammunisie
om te slaag, wan ek’s verslaaf aan ambisie

VERSE 2
Ek kan’ie afford’ie om niks werk in te sit’ie
a man moet krap en da’sie ‘n dag wa it’ie jik’ie
wan it sal voel dat ek iets, vir hai dag vegiet’it
dat ek vir hai heele dag, vas getiep’it
dat ek iets gemis, of iets van my weg gevlieg’it
in anne woorde, dat ek vi myself hat gelieg’it
nou se my wat is’ie punt daavan?
hoekom sal ek ooit iets, soe versin aanvang?
wan amal wiet as hulle real is, of hulle front
amal wiet van hai vuur, wat binne hulle brand
soe ek sal’ie soe is’ie, veral met ambisie
da’s fokol anne way nie, da’s niks om te kies’ie
soe ek sal vesieke maak dat ek bedrywag is
en somtyds sal mense my kyk as seinag is
soe ek vra verskoning, wanek is’ie aspris’ie
ma ek kan’ie ‘n move run nie, as da nie mas is’ie

CHORUS:
Ek’s ‘n slaaf, en my baas is ambisie
Eks’ ‘n slaaf, en ek is haas op ‘n missie
Ek’s ‘n slaaf, ma ek bou op ammunisie
om te slaag, wan ek’s verslaaf aan ambisie

VERSE 3:
Da’s mense da buite wat try om ‘n man te keur
soe op’ie selle tyd aanvaar ek dat ek mense sal teleur
dis net hoe it is, ‘n man kry niks vi mahala
as da ‘n dait is, chise ek men ‘n mas soes ‘n pirhana
en’it al’ie way vernietig tot alles is verdala
en later lekker lam men ‘n yskoue cabana
wan’ie klok tik aan, sekonde by sekonde
en voor die number kla is, sal da ‘n nog n
bra wat sy lewe verloor’it, niks werk vi sy longe
n nog ‘n kis begrawe, ‘n nog ‘n bradde da onder
nex wiek kan’it ek is, wat kan skielik vrek is
soe ek moet alles afbrand, voor my vlam vrek blus
wan imagine da net ‘n paa dae wat vi jou oorbly
jy sal die meeste uit hai paa dae wil kry
ma nieman wiet wanne it hulle tyd is
soe ek moet al nou begin voor it my tyd uit is

CHORUS:
Ek’s ‘n slaaf, en my baas is ambisie
Eks’ ‘n slaaf, en ek is haas op ‘n missie
Ek’s ‘n slaaf, ma ek bou op ammunisie
om te slaag, wan ek’s verslaaf aan ambisie

© Copyright 2010 BLM Music (SAMRO)