CHORUS:
Dink n bietjie, ja, dink n bietjie
vat n oomblik eendag en dink n bietjie
daa’s a klom goed wat os soe maklik miskyk
soe dink n bietjie en bewaak jou bewusheid

VERSE 1:
Elke dag is da iets nuuts te discover
en elke dag is da ieman met nuwe planne
om n move te maak, en met nuwe tegnieke
om homself en sy omstandighede te verbiete
soe hou vas aan minute, en maak vesieke
dat jy it goed gebruik vi enige tiepe positiewe
bydrae, na jou eie lewe, soe kyk wa
lê die moontlikhede vi die nex vyf jaa
wan as jy n opportunity kan gryp wa
it op hai selle lyn is, maak it vol soes n kruiwa
sit jou mentality in hai plek en bly da
en loep it ten einde tot jy hai doel bereik, ja
wan as jy daaroor dink, in plaas van slaap
sal jy eintlik n goeie plan kan maak
en as jy passie het, sal jy skaas kan slaap
en net daarop werk en daaroor praat
daaroor iet en daaroor drink
whatever jy doen, soelank jy daaroor dink
ma die pad wat voorlê sal jy nog moet afstap
soe dink n bietjie oek hoe jy die pad gat trap

CHORUS:
Dink n bietjie, ja, dink n bietjie
vat n oomblik eendag en dink n bietjie
daa’s a klom goed wat os soe maklik miskyk
soe dink n bietjie en bewaak jou bewusheid

VERSE 2:
Nou as ek vi jou wys om n bietjie te dink
werk it men n open mind soes om n litchie te skil
wan somtyds moen n man n break vat
van allie lewe se woelagheid wat elke dag uitspat
wan die effek is dat os dinge soe maklik miskyk
en os sal spyt is as os iets belangrik miskyk
wan opportunities is skaas, soe hou balaans
wan as ene opdui, en jy die kans blaas
sallit gladdie n joke issie
veral as jy besef darrit eene wat sou gladdie flou issie
wan sukke dinge kan jou gewete verander
negatiewe nommers word positiewe getalle
oe soek nog lig soes vure se vlamme
die veroorsaak: jy sien skielik nuwe ingange
ma hou kop en kyk uit vi die lewe se slange
en dink n bietjie oek aan jou rede vi brasse
wan ja, n bra met sterke bene is dapper
ma bene kan niks is sonder spiere en hakke
en dink n bietjie oek aanie rede vi planne
wan bieter planne sal jou heele lewe verander

CHORUS:
Dink n bietjie, ja, dink n bietjie
vat n oomblik eendag en dink n bietjie
daa’s a klom goed wat os soe maklik miskyk
soe dink n bietjie en bewaak jou bewusheid

© Copyright 2010 BLM Music (SAMRO)