VERSE 1
Is n Vrydag marrag en’is tjaaila tyd
moen ek suip? of ‘n ding by ‘n aaiya kyk?
minute, haais’ie selle kak elke wiek
dukgeroek, dukgesuip, goetes wat my breinselle vriet
nou kyk hie, ekkis hai bra
oppie bakkie op pad na jou werk men a bellaklava
jy bedink my maa ek staan nog sterk
nobba die feit dat die lewe my dirty getrek,
ek sit agte’ op’ie bakkie, traffic loep my veby
net soes in my lewe, rigting moen ek kry
ek kyk na die anne ouens in hul fet karre
waa kry hulle sletels na die ingange
om haa uit te kom – jarre
hoe gat ek change, hai’s mos my main gedagte
Tel op vi myself – alles is in my hande
die wereld is my plaas so diè boer maak planne
VERSE 2
Skool het ek gelos…
wil mos altyd dros…
enigiets getry vi kos, dan skielik diep innie gemors
en’it het my vryheid gekos
innie mang was ek ‘n man, ek was iemand,
maa toe ‘n man uitkom, voel ‘n man soes niemand
want haa binne die tronk wassit ‘n gangster ding
ja, die lewe haal jou in en slat jou venster in
Ek het my girl gelos; sy skut nou saamie mert
ek het haa alles gegie, maar toe trek sy my ‘n dirt
en nou is sy verslaaf aanie tik
sal enigiets doen vi n geluk, evens jy kan ma wegdruk
elke dag se lewe men ‘n lekker vet klap
wil my mos los, kyk nou, hie’s jou bêt luck
Ja, innie lewe gat dinge swaa, ma
ek sien my lewe uit, amal bid vi lengte van dae, ja…
VERSE 3:
Is sewe jaar later en my kroon staan sterk
ek loep op water en het ouens wat vi my werk
wie sou nou kon droem
dat ek sal lanie van my eie biesagheid is, ennit bloom
Ek dink elke dag aanie dae agte op’ie bakkie
nie ees met ‘n faaibop in my sakkie
en my dae innie tronk
my skills was daar en agter mekaa, maa ek was jonk
nou kyk vi my, my hardships is verby
kom haal my in en kyk wat jy kan kry
wanek wiet dattie wêreld deurmekaa en mal is
en haa buite issit net os kallitz
wan deesdae, is os laaities duk aanie tik
ek mien ma, hai’s ‘n bitter pil te sluk
so hoe gat jy change? hie’s jou kerk:
spring aanie werk en maak mekaa sterk
wan kyk vi my, ek herrit oor n tyd gemaak
ouens werk gegee en profyt gemaak
glo my, soewalla, ek praat glad’ie kak’ie
annes bly jy verewag agte op’ie bakkie
© Copyright 2010 BLM Music (SAMRO)





