Soe ja, alles lyk goed soe ver, it lyk asof die album in Dezember gat drop. Ek het noggie n datum nie ma alles is ytgesort ennie album is oppie way. Ek kan nogallie waggie. Die naam vannie album is ‘Die Afspraak’. Ouens soes Cream, Isaac Mutant, Hipe, Boere en Cole het my geseen met hul skillz en talents virrie album, soe bereid julle vi n album met agtien tracks [...]
Awe amal! Hoep amal dydlik is! Somer is oppie way, dai mien dattie lekke tye oppie way is oek! Ek was twie wieke trug byrie Tshwane Festival. Ek wassie op stage nie, het net saam met Beatbox SA en n anne paa performers gegaan. Nex wiek is ek byrie Soweto Festival. Os gat n hip hop stage opsit met Willards Chips en gat al die elements van hiphop te showcase. [...]
Yes yes… Hoe lyk it! Ek hoep julle amal het die Spreekkaame Miekstyp ytgecheck. Dit IS mos ‘n free download soe download it en check it yt. Ek het n paa vrae en requests gekry soe laat ek hulle gou antwoord: - Nee, die Spreekkaame Miekstyp is nie my album nie, dis net free musiek vi amal wat my musiek enjoy. Die album is kla, ek moet net allie admin [...]
Aweja!! Is Dokte… Hie it is mense – Die Spreekkaame Miekstyp! Tracks: 1. Die Fokken Beste 2. Vannie Kaap 3. Maak Mekaa Sterk 4. Larrit Ruk 5. Dink ‘n Bietjie 6. Koep ‘n Getsbie 7. Kaapse Paatie 2 8. Voetsek 9. Stroh 10. Maak ‘n Afspraak 11. Skrop 12. Ek Smaak ‘n Ding 13. Bompie 14. Kak Style 15. Onne Druk 16. Weekend Special Twie dyme vi DJ Azuhl [...]
Yes yes… is Dokte. Soe ja, it vat langer as ek gedinkit ommie miekstyp te upload vi julle, ma ek wou sieke maak dat ek tevrede met alles is man. Julle wiet mos, ek try om good quality goed uit te sit vi amal – dai is my move! ‘n Man kan mossie swak ytstiekie, ek mien ma.. Innie meantime, die’s hoe die cover gat lyk: Toe ekkit die eerste [...]
Hola! Soe die world cup is nou kla… amal is nou uitgeworldcup. Is nou back to reality. Selle die kante, ek het baie min werk gedoen, ma is nou kla soe ‘n man kan wee’ focus. Goeie nuus! Ek het die mixtape trug vannie DJ laaswiek gekry, soe sal binnekort available is vi amal! Ek sort net alles gou uit met die format vannie tracks en dan sal ekkit upload. [...]
Yes yes… is Dokte… die’s my eerste stuk op my nuwe blog hie op dokte.com. Ek hoop amal is nog dydlik. Ek het iets op Dre se “Under Pressure” beat record nou oorie nawiek, soe check it yt en lat my wiet wat jy dink! Dokte – Onne Druk [dokte.com] by Dokte Safe! Dokte
Welcome to dokte.com – Dokte’s official website. This site is still under construction. In the meantime, connect with Dokte on Facebook at www.facebook.com/dokte and on Twitter at www.twitter.com/dokte for news and more…





