Awe

Die 3rde rondte van HipHopKop het by Aardklop in Potchefstroom plaasgevind.

DJ Hamma was die DJ virrie show en ses finaliste het oppie stage perform – Ricwa, Phoenix, Dokter Kapnoudis & Slim-X, Swatkat, Tribal Echo en Nico10Long.

Ek was genooi om een vannie judges te wies en toe amal klaar opgetree het, moes ons n wenner kies. Ons was ‘n groep van vyf judges en ons het lank discuss. Dit was moeilik om ‘n wenner te kies want elkeen vannie finaliste het hul eie style gebring.

Oppie einde was Tribal Echo se naam aangekondig as die wenners.

Dit was cool om amal te meet en die beste ding was dat dit n goeie showcase was van Afrikaanse Hiphop. Stadig word meer en meer mense wysgemaak is van Afrikaans Hiphop en ons kunstenaars – vannie emcees tottie DJ’s tottie B-boys.

Na die show het som vannie finaliste nuwe fans gemeet en oppie einde was dit n wen vir amal.

Die toekoms lyk goed.

Dokte

Categories: Blog, Featured, HipHopKop

One Response so far.


  1. Sonja De Beer says:

    Hey, dis great dat dit ‘n wen was vir almal op die einde! Tribal Echo doen hul ding nogals baie anders as wat ek gesien het. Hulle is propvol energie en wissel hulle flow goed af met moves ensovoorts. Great talent!

Leave a Reply