Awe

Hierdie number – Baas Mentalityt – is ‘n number wat ek vir my album gedoen het. Ek wou n spesifieke sound kry vir die number because vannie boodskap, toe kontak ek vir die homie Hipe om my ‘n beat te verskaf.

Die song bevraag hoe os die lewe aanvat – osse denke, osse attitudes, osse aksies en die besluite wat os maak innie lewe.

Kyk hie, die ding staan soe: dis n goeie ding om jou eie move te run en n leier te wees, maar die belangrike element van n goeie leier is ook om te weet wanne om die nex man om vir jou te laat lei; sodat jy kan leer en sodat dai man ook kan groei. Dit val mos in by die Maak Mekaa Sterk tema ook, net op ‘n anne vlak.

Anyways, laat my weet wat julle vannie song dink. Ek hoop julle voel my op die eene!

Safe
Dokte


*Click ma net op die klein swart pyl op die regte kant vannie track om te download!

Baas Mentalityt by Dokte

Categories: Audio, Blog, Downloads

5 Responses so far.


  1. Damian says:

    Awe

    Die number is lekka warm broer.

  2. Dokte says:

    Dankie homie!

  3. Frigo says:

    Like a BOSS! Lekke uplifting tune – ek moes lag toe ek daai line met “tril” hoor.

  4. Rex El Rydo says:

    Ek like die een bra, most of all, jy spit reality. daai baas mentality

  5. Dokte says:

    Saloooot ouense!

Leave a Reply