Awe

Ek was laaswiek Vrydag af KKNK toe virrie 2de rondte van die HipHopKop kompetisie. Da was twie shows – een Vrydag by die Amfiteater en een Saterdag op die MK Verhoog.

Die vibe was lekke heel weekend en os het n lekke tyd gehad. Vrydag het allie finaliste perform – Lee Ursus, Hakkiesdraad Hartman, JBux & Schaik, Ill-Human-Nati Getuies en Slim-X – saam met DJ Azuhl oppie decks. Hemelbesem het met die man Melly Gray n paar tracks ook perform tussen in en ek en Boere het die show afgesluit met Die Ding Ruk Mal en Sturvie Kinnes, plus MC Cole het os ge-join oppie stage vir Drie Man Op ‘n Getsbie. Op die einde was JBux & Schaik as die wenners gekroon.
Alles het baie smooth gegaan ennie crowd was mal. Na die show het os amal n dite en n paar biere gevang by een vannie eetplekke byrie fees.

Saterdag middag het os amal n musiekbedryf workshop bygewoon waar baie dinge soos publishing, regte, kontrakte ensovoorts discuss was. Toe os kla was het os eers die Saterdagaand show discuss, dan amal ge-lunch en terug na die hotel gery om te relax en reg te maak virrie MK show. Ek het n lekke tiep gevang voor os virrie show verlaat.

Backstage was die vibe lekke en amal was reg virrie show. Ek het met n paa manne van BVK daar gemeet, Tumi Molekane was ook backstage en Francois Van Coke. Amal het weer perform – allie finaliste, plus Hemelbesem, Melly Gray, MC Cole, Boere en ekke. Oppie einde was daar n cypher op die stage met al die manne. Isaac Mutant het die laaste freestyle geslat op die einde van die show.

Anyway, ek sal n paar pics opsit innie nex paar dae, soe check weer hie op http://dokte.com of “Like” my facebook page by http://www.facebook.com/dokte om updates te kry. Sluit aan ook by my nuusbrief oppie regte kant.

Safety

Dokte

Categories: Blog, HipHopKop

One Response so far.


  1. trot kind says:

    awhe x n mal afrikaanse rap liewer,ek sal like omi ouens in life oek te sien!waner da we n show is,holler at trot kind xce

Leave a Reply