Hullo hullo…

Is Februarie alwee en dinge is aanie gang!

HHK Round1 Flyer

Ek was laaswiek Vrydag af Kaap toe virrie top 6 finaliste vannie eerste rondte vannie HipHopKop kompetisie by die Artscape Theatre. Ek was saam met Ready D en Jack Parow gevra om n top 5 te kies, terwyl die 6de finalis die man is met die meeste sms votes. Van my kant af was dit baie moeielik, ek het dae lank gesukkel om van 50+ inskrywings net 5 te kies. Heavy days gazi…
Anyway, die show was dydlik ennit was goed ommie manne te sien live op n lekke stage met goeie sound, ligte en n lekke crowd.
Behalwe virrie finaliste, was da oek drie anne performances – Die B-Boys was eerste op, dan Ready D, net voor die finaliste hul ding gedoenit, en Jack Parow het die show afgesluit, terwyl Hemelbesem die show virrie aand ge-emcee het.

Ek het al die manne backstage gemeet, en met n klompie manne innie crowd en buite die show gemeet soes Rimestein, K-2, Slim X, Dokter Kapnoudis, Nilo, Phoenix, DJ Azuhl, DJ Easy en soe aan. It was goed om die support te sien.
Ek het vi DJ Azuhl gevra wat hy gedink het en os het saam gestem dat daar n goeie balance van talent oppie stage was, van n underground vibe tot n meer commercial vibe. Emile YX? het my gese dat die kompetisie meer inligting moet gee soedat die ouens wat inskryf die regte tiepe track kan submit met hul inskrywing. Dit maak baie sens ja, wan som ouens skryf in met n hardcore vibe, som ouens underground, som commercial en soe aan.
Die wenner was gekies by Ready D en Lance van Ghetto Ruff.

Ok, soe die eeste rondte vannie HipHopKop kompetisie is oor en os het osse eerste wenner – MC Cole. Big ups virrie man, ek hoop die man vat die R100k-platekontrak prys sieriaas en maximize allie opportunities warrit bring vi hom. Dit kan net n goeie ding wies virrie game.
Die tweede rondte vind plaas by die KKNK in Oudtshoorn, en ek hoor dit grotere gat wies, soe ek sien uit na die nex eene, en ek hoop ek kan alwee ytstiek.
Os sal ma sien…

Anyways, hou it dydlik amal, nex wiek sit ek n nuwe track hie op dokte.com soe sluit aan by my nuusbrief oppie regte kant om alle updates in jou email te kry.

Saloooooooot!!!!

Dokte

Categories: Blog, HipHopKop

Leave a Reply